My claim to fame

Welcome to jannetta.com
Friday, July 30 2010 @ 12:03 AM BST

IS JY GEREED VIR OUERSKAP:

1. VROUENS:
Om voor te berei vir swangerskap: Trek ‘n kamerjas aan en druk ‘n ‘beanbag’ voor in. Hou dit daar vir nege maande. Na nege maande, neem net 10% van die boontjies uit.

MANS:
Om voor te berei vir vaderskap: Gaan na die apteek, maak jou beursie oop by die toonbank en sê vir die assistant om homself te help. Gaan dan na die supermark en reël om jou salaris direk by hul hoofkantoor te laat inbetaal.

2. Om uit te vind hoe dit in die nagte sal voel, loop al in die rondte in die sitkamer vanaf 5 nm tot 10 nm, terwyl jy ‘n nat sak van ongeveer 4-5 kilogram dra. Sit die sak tienuur neer en stel jou alarm vir middernag en gaan slaap. Staan om 12nm op en loop weer in die sitkamer met die sak tot 1nm. Stel die alarm vir 3nm. Omdat jy nie kan slaap nie, staan om 1nm op en maak iets om te drink. Gaan slaap weer om 2:45nm. Staan op sodra die alarm afgaan om 3nm. Sing liedjies in die donker tot 4nm. Stel die alarm vir 5nm. Staan op. Maak ontbyt. Hou so aan vir vyf jaar. Lyk baie gelukkig en uitgerus.

3. Hol 'n waatlemoen uit en maak ‘n gaatjie binne ongeveer so groot soos ‘n gholfbal in die skil. Hang dit aan dit onderstebo aan die plafon sodat die gaatjie onder is en swaai dit heen-en-weer. Neem nou ‘n bakkie aangemaakte ontbytkos en probeer om die swaaiende waatlemoen te voer. Hou so aan totdat die helfte van die pap klaar is. Gooi die res uit in jou skoot. Jy is nou gereed om ‘n 12-maande oue baba te voer.

Om gereed te maak vir kleuters, smeer Purity op die bank en konfyt teen die gordyne. Steek ‘n visvinger agter die stereo weg en laat dit daar vir ‘n paar maande.

4. Vergeet van die sportmotor en koop liewer 'n Toyota. Moenie dink jy kan dit blink en skoon in die oprit los nie. Gesinsmotors lyk nie so nie. Koop ‘n sjokoladeroomys en sit dit in die ‘cabio’. Los dit daar. Druk ‘n 5-sent geldstuk in die kassetspeler in. Druk ‘n familiegrootte pak sjokoladekoekies fyn en druk dit tussen die agterste sitplekke in. Skuur met ‘n hark al langs die sykante van die motor. Daar’s hy! Dit lyk pragtig!

5. Om klein kindertjies aan te trek is glad nie so eenvoudig en maklik nie. Koop vir jou ‘n lewendige seekat en ‘n groot sak. Probeer om die seekat in die sak te druk sodat nie een van die arms uithang nie. Tyd hiervoor toegelaat: Die hele oggend.

6. Maak gereed om uit te gaan. Wag buite die toilet vir ‘n halfuur. Gaan uit by die voordeur. Kom weer binne. Gaan weer uit. Kom weer binne. Gaan weer uit en loop uit tot by die sypaadjie. Loop weer terug. Loop weer tot by die sypaadjie. Loop dan stadig padlangs vir vyf minute. Stop en beloer elke sigaretstompie wat jy sien lê, asook elke stukkie kougom, vuil snesies en dooie insek. Loop weer terug soos jy gekom het. Skree dat jy omtrent nou meer as genoeg gehad het sodat jou bure uitkom en jou aanstaar. Jy is nou gereed om ‘n klein kind op ‘n uitstappie te neem.

7. Leer al die name van elke karakter vanaf Teletubbies tot Power Rangers. Sodra jy agterkom dat jy “Postman Pat’ in die bad sing, kwalifiseer jy om ‘n ouer te wees.

8. Gaan na die supermark, neem enigiets gelyk aan ‘n voorskoolse kind saam. ‘n Volgroeide bok is ideal. As jy vir meer as een kind beplan, moet jy meer as een bok saamvat. Doen nou jou weeklikse aankope sonder om die bok/bokke onder jou oë uit te laat gaan. Betaal vir alles wat die bok/bokke eet of breek.

9. Herhaal alles wat jy sê minstens vyf keer.

10. Voordat jy eindelik voortgaan om kinders te kry, vind ‘n paartjie wat alreeds kinders het en trap hulle uit oor die manier waarop hulle hul kinders grootmaak en dissiplineer, te kort aan geduld en hoe dat hulle hul kinders toelaat om rond te hardloop. Stel maniere voor hoe hulle hul kinders se slaapgewoontes kan verbeter, hoe om hulle te “potty-train” en allerhande maniere van goeie gedrag. Geniet dit – dit sal die laaste keer wees dat jy al die antwoorde ken.

Last Updated Wednesday, July 15 2009 @ 03:36 PM BST|358 Hits View Printable Version

IS JY GEREED VIR OUERSKAP: | 0 comments | Create New Account
The following comments are owned by whomever posted them. This site is not responsible for what they say.